Catalog Search Results
1) 100 Koekies
100 koekies is die nuutste kookboektydskrif uit die kombuis van die toonaangewende kosskrywer Herman Lensing. Dis propvol lekkerte met 100 maklike resepte vir ieder en elk se geur en smaak. Bekende tradisionele koekie-treffers regdeur tot moderne resepte. Hierdie boek beloof om jou koekieblik dié vakansieseisoen vol te hou.
2) ALLES
ALLES is a new gear-and-gadgets magazine in the Media24 group. This Afrikaans publication focuses on technology with a strong lifestyle angle. It features the latest in the tech world and what you need to work and play hard.
Baba & Kleuter is die enigste Afrikaanse ouerskaptydskrif in die land. Ma's wat net die beste vir hul kinders wil hê maak staat op ons vir raad en inligting. Ons is passievol oor ouerskap en maak ma-wees makliker vir jou. Baba & Kleuter is`n ouerskaptydskrif wat alles dek van swangerskap tot en met graad een. Ons inspireer ons lesers met deeglike, inspirerende artikels om beter ouers te wees en hul kinders met selfvertroue
...Hierdie is jou moet-hê braaigids vir die 2023 Rugbywêreldbeker, want rugby en braai is immers soos vinkel en koljander! Dit is ’n gewewe dat die braavleisvure naweek na naweek vir die sportgebeurtenis van die jaar aangesteek gaan word en met dié kookboektydskrif inspireer Herman Lensing jou met meer as 65 resepte vir disse wat jy oor die kole en in die vuur kan maak. Rugbylegendes deel ook staaltjies oor hul loopbaan.
Een uit 20 kinders word deur aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (ADHD) geaffekteer, en in Suid-Afrika ’n geraamde 1 miljoen volwassenes. Tog bly dit ’n toestand wat gereeld verkeerd gediagnoseer word. Daar bestaan soveel mites en misverstande oor ADHD, veral wat die behandeling daarvan betref. Hierdie spesiale uitgawe is enig in sy soort gelaai met inligting wat iemand wat deur ADHD geaffekteer is, moet weet om die wêreld aan te pak.
...Om ’n 4x4 te koop is net die begin. Watter modifikasies moet jy daarop aanbring as jy hom in die veld wil gebruik? Watter vaardighede moet jy bemeester? Hierdie en nog baie meer vrae word in detail beantwoord in Die GROOT 4x4-gids, ’n volledige verwysingsbron van 100 blaaie, beantwoord. Beginners sowel as ervare 4x4-bestuurders kan baat by die korrekte inligting. Oor dinge soos die regte herwinningstoerusting, die regmaak
...Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.
DRUM Food is back with all new mouthwatering recipes from the finalists of the DRUM Food Ambassador competition. There's a great mix of dishes for all your family's needs - from simple and scrumptious meals for the midweek rush to lavish culinary creations to wow dinner guests. What's more, each of these recipes are easy to prepare and use ingredients that you'll easily find in the shops.
10) Eenvoud
Smag jy na ’n stiller, meer skeppende lewe? Waar jy vir vriende geskenke maak pleks van haastig iets wat in massa geproduseer word van ’n rak af gryp. Waar jy nader aan die aarde lewe; miskien ’n bietjie boer op jou werf; ’n groentetuin, dalk ’n hoender of twee vir vars eiers? Eenvoud wys wat jy in jou spens- en skoonmaakkas maklik self kan maak pleks van om dit te koop in plastiek verpakking: Granola, jogurt, slaaisous, sitrusskoonmaakmiddel,
...Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante
...12) Handwerk Idees
Handwerk van voor tot agter! Moenie die eerste spesiale uitgawe van Idees-Handwerk misloop nie. Met duidelike stappe vir van ons gewildste handwerkprojekte oor die jare is dit die moethê –gids vir almal wat graag krieatief wil wees.
13) Huisgenoot
Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.
14) Huisgenoot 100
Huisgenoot is vanjaar 100 jaar oud – en om dit te vier, het ons ’n pragtige gedenkboek saamgestel waarin ons terugkyk op die grootste nuusgebeure van die afgelope eeu, die glansmense wat ons gefassineer het, en al die jare van lag en trane. Nie net sal jy heerlik lees aan hierdie versamelaarsuitgawe nie; jy sal dit ook wil bewaar as ’n dokument van ons tyd.
15) Huisgenoot Bak
Sluit aan by die wêreldwye bakgier! Hierdie tydskrif is perfek vir sowel gesoute en groentjie-bakkers, vir ma’s wat binne minute vir die kinders ’n koek aanmekaar wil slaan tot mense wat vir gaste wil bak of selfs hul spogkoeke wil verkoop. Daar’s ’n afdeling oor basiese mengmetodes en elke resep vertel vir jou vooraf hoeveel moeite en tyd dit vereis. Al die klassieke staatmakerkoeke is hier, plus natuurlik verruklike kaaskoeke, sjokoladekoeke,
...Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.
Huisgenoot is vanjaar 100 jaar oud en in dié wonderlike publikasie bring ons al die ikoniese Huisgenoot-resepte byeen wat deur die dekades in jou gunsteling-tydskrif verskyn het. Elkeen kry ’n moderne kinkel sodat dit met gemak op ’n 2016-kostafel kan pryk. Daar’s poedings, koeke, ligte geregte, slaaie, ontbyt en natuurlik alles wat op ’n Sondag ons tafels laat kreun het. Dalk onthou jy nog van die gewildste resepte, soos skoonma-se-tong,
...’n Diagnose van diabetes beteken nie jy of jou gesin moet ophou lekker eet nie. Die kos in dié boekie is perfek vir mense met suikersiekte, maar lekker vir almal – dis glad nie nodig om aparte maaltye te kook nie. Daar’s resepte vir ontbyt, slaai, vis, pluimvee, rooivleis, groente en diabeet-virendelike soetgoed – selfs sjokoladekoek!
Sê tot siens vir maagpyn, opgeblasenheid en al die ander kwale wat soms gepaard gaan met ’n dieet ryk aan gluten. Of jy nou aan seliaksiekte ly, allergies is vir koring of net sensitief is vir gluten – in dié boekie sal jy talle ligte geregte en lekkernye vind wat jy sonder sorg kan eet. Daar’s selfs resepte vir glutenvrye brood, skons, muffins, pizza, tortillas, koeke en terte!
Didn't find it?
Can't find what you are looking for? Suggest a purchase. Submit Request